Librería Samer Atenea
Librería Aciertas (Toledo)
Kálamo Books
Librería Perelló (Valencia)
Librería Elías (Asturias)
Donde los libros
Librería Kolima (Madrid)
Librería Proteo (Málaga)
Elie Hartslief is deesdae amper respektabel en mnr. Morkel van Morkel Wealth se regterhand. Wanneer sy saggeaarde broer Basie se lyk langs ’n afgeleë pad gevind word, word die Hartslief-clan van Brixton egter genoodsaak om laer te trek. Elie is die brein; Antie Engel met haar sopkombuis en sesde sintuig die hart; neef Boela met die slaghuis die spiere; en die verfynde kok Moks met sy helderkleurige mohican en mediwietkoekies die bek. Hulle kom egter teen gedugte teenstanders te staan: die berugte King of Sleaze en sy huurmoordenaar Lood - ’n man met ’n passie vir saksofoonmusiek en ’n aanleg om mense op kreatiewe maniere dood te maak.