LIBROS DEL AUTOR: deon meyer

14 resultados para LIBROS DEL AUTOR: deon meyer

  • Prooi
    Deon Meyer
    Griessel en Cupido soek nie dié yskoue docket nie. Johnson Johnson, oud-poliesman, se lyk is gekry langs die treinspoor in die Karoo. In Bordeaux geniet Daniel Darret sy eenvoudige lewe, tot hy verplig word om nog een keer te jag - op die korrupte president van sy tuisland. Kan die Valke hom betyds keer? Kan Daniel die Russiese agente ontglip wat hom probeer elimineer? En gaan ...
    Disponible

    26,48 €

  • Die vrou in die blou mantel
    Deon Meyer
    Daar ver onder in die Kaapse nag steel iemand skilderye waarop vroue in blou geklee is. En kaptein Bennie Griessel droom van verloofringe, en sy kollega Vaughn Cupido bekommer hom oor commitment. En die private eye Billy de Palma, 'narcissist, psycho, real arsehole', is besig met sy gewone onheilighede. Maar hier bo in Sir Lowryspas lê ’n vrou wat dit alles gaan verander. Sy is...
    Disponible

    16,75 €

  • Koors
    Deon Meyer
    Die Koors het byna almal gevat. Maar nie 13 jaar oue Nico Storm en sy pa nie. Wanneer hulle 'n nuwe samelewing vestig met 'n groep swerflinge - en dit Amanzi doop - is die dorpsmense gou verdeeld, en verdediging teen die plunderende motorfietsbendes raak ál moeiliker. Dis nie lank nie, of moord kom inderdaad ook na Amanzi ... In Koors vertel die volwasse Nico Storm die verhaa...
    Disponible

    24,91 €

  • Ikarus
    Deon Meyer
    Die lyk van Ernst Richter spoel oop in die duine anderkant Parklands - dié Ernst Richter, baas van die omstrede Alibi.co.za, wat ’n maand gelede verdwyn het. Die saak sukkel; boonop het Griessel weer aan die suip gegaan en is Cupido verlief. Dan begin ’n jong wynboer bieg voor ’n advokaat in Kaapstad en keer die hele saak op sy kop . . . ...
    Disponible

    26,63 €

  • Infanta
    Deon Meyer
    Om sy lewe terug te kry, moet speurder-inspekteur Bennie Griessel vir Artemis keer: die vigilante wat besig is om misdaad teen kinders met ’n lang lem te wreek. Met die media wat skree, politici wat druk toepas, ’n span onbeholpe jong speurders en kollegas wat hom in die rug steek, stel Bennie ’n lokval. Maar hy het nie rekening gehou met die liefde van ’n sekswerker vir haar k...
    Disponible

    26,36 €

  • Kobra
    Deon Meyer
    Bennie Griessel is eerste op die toneel: ’n bloedbad in ’n luukse gastehuis op ’n Franschhoek-wynplaas. Drie slagoffers van ’n geheimsinnige, blitsige, meedoënlose huurmoordenaar genaamd Die Kobra. Kan Griessel hom keer voordat hy weer toeslaan? Want daar was boonop ’n ontvoering . . . Ene Paul Anthony Morris, Britse burger met ’n splinternuwe paspoort. Maar wie is dié man werk...
    Disponible

    26,73 €

  • Onsigbaar
    Deon Meyer
    Lemmer is ’n vryskut-lyfwag by Body Armour, waar hy laag af is op die pryslys, want hy’s die een met die kriminele rekord, die gebrekkige sosiale vaardighede en die baie kort humeur. Maar wanneer die mooi, ryk Emma le Roux hom huur en begin vertel van onwaarskynlike bedreigings en ’n broer wat sy vas glo ná 20 jaar soos ’n Lasarus uit die dood uit opgestaan het, gooi hy al sy L...
    Disponible

    26,76 €

  • Wie met vuur speel
    Deon Meyer
    By ’n boekeveiling sien Ragel Bergh vir Dirk Buchner raak. Na ’n naweek op Houwhoek weet sy sy is nog nooit so volledig bemin nie. Weens populere aanvraag, die heruitgawe van Deon Meyer se heel eerste spanningsroman! ...
    Disponible

    26,97 €

  • Proteus
    Deon Meyer
    Tobela 'Tiny' Mpayipheli, oud-KGB-sluipmoordenaar, het gedink hy het sy vorige lewe agtergelaat. Dan bevind hy hom skielik in ’n onmoontlike situasie. Hy moet binne 72 uur in Lusaka uitkom, anders sterf ’n ou vriend, wat gyselaar gehou word. Maar die losprys wat hy saam met hom moet neem, is gevaarlik - ’n hardeskyf met sensitiewe inligting. Die plaaslike intelligensiediens gaa...
    Disponible

    26,87 €

  • Orion
    Deon Meyer
    ’n Middelklas-meubelhandelaar is in sy voorstedelike huis met ’n blaasvlam gemartel en toe met ’n M16 doodgeskiet. Een skoot; agterkant van die kop. Laksmanstyl. Oudpolisieman Zatopek van Heerden het sewe dae om dié moord op te los en ’n testament te vind. ...
    Disponible

    26,85 €

  • Karoonag
    Deon Meyer
    Heerlike verhale uit die pen van Deon Meyer, insluitende die titelverhaal en sy baie gewilde vervolgverhaal 'Stiltetyd'. ...
    Disponible

    26,06 €

  • Feniks
    Deon Meyer
    Kaptein Mat Joubert moet ’n sjarmante rower vastrek wat die een bank ná die ander teister, en terselfdertyd moet hy ook die bloedspoor vat van ’n laksman. ...
    Disponible

    27,16 €

  • 13 uur
    Deon Meyer
    Om 05:36 hardloop die vrou teen die hang van Leeukop. Sy is jonk, beeldskoon, Amerikaans - en beangs. Sy word soos ʼn dier gejag deur mans wat net ure gelede haar beste vriendin se keel afgesny het. Bennie Griessel neem die spoor. Maar net wanneer hy op die punt staan om die Amerikaanse meisie te red, skiet hulle hom. Reg in die hart. Redelik normale dag, jou tipiese dertien uu...
    Disponible

    26,68 €

  • Spoor
    Deon Meyer
    Op ’n verlate grondpad in Limpopo druk hulle twee kilogram se vlekvrye staal - die reuse Smith & Wesson Model 500 - teen Lemmer die lyfwag se kop en vra: 'Waar is dit?' Hy weet nie. Hulle belieg en bedrieg hom, steel sy Glock, die een met sy vingerafdrukke daarop. Hulle ken hom nie; hulle gaan betaal. Hulle gaan ’n spoor trap wat wyd sal loop. ...
    Disponible

    26,10 €